'n Mooi ruiker
Is jy nie seker watter styl bruidsruiker vir jou bruilof gaan werk nie?
Ons het 'n gids saamgestel wat jou sal help om die regte keuse te maak.

ROND
'n Tradisionele ronde ruiker, wat dikwels met net een hoofsoort blom gemaak word.
Blomme wat jy kan gebruik: Kies enige soort blomme wat in seisoen is en by die styl en die kleurskema van jou troue pas.

LANGSTEEL

Die ruiker word gewoonlik met langsteelblomme gemaak en in die 'wiegiestyl' in die bruid se arms gerda met die oop onderstele van die blomme wat sigbaar is.
Gebruik: Lelies, swaardlelies, orgideë, rose, ridderspore of tulpe.
MINIRUIKER
Die klein ruiker (die Engelse noem dit 'n posy) id gewoonlik kleiner en losser en kan in vergelyking met groter, meer formele rangskikkings maklik in een hand gehou word. - perfek vir strooi- en
blommemeisies.

Gebruik: Rose, peonies, tulpe en ranonkels.
'NEUS' - RUIKER
Die Engelse noem dit 'n nosegay: 'n ornament wat die neus sal steel. Die ruiker bestaan uit 'n bos blomme wat styf teen mekaar gebruik word met die stele ewe lank gesny en dan styf toegedraai in lint of organza.
Gebruik: Hou by een soort hoofblom en vul dit op met kleiner blomme of groengoed.

REUKBAL
Die hangende blombol (pomander) is 'n mooi opsie
vir blommemeisies, of dit kan dekoratief gebruik

word.
Gebruik: Kleiner blomme in een kleurskema.
KASKADE-STYL
'n Ruiker wat rond is aan die bokant, nouer loop na onder en dan oor die bruid se hande tuimel vir 'n meer formele 'waterval'-styl.
Gebruik: Enigeiets met 'n lang steel, byvoorbeeld rose of aronskelke, saam met groen blare.